Friday, August 19, 2011

Gedigte vir eisteddfods




Dis duidelik weer eisteddfod-tyd! Ek word die afgelope paar dae oorval deur ouers wat wil weet of ek asseblief vir hulle spesifieke gedigte per e-pos kan aanstuur sodat hul kinders dit kan voordra.

Ongelukkig kan ek dit nie doen nie. Daardie deel voorin ’n boek waarin daar staan geen gedeelte van die publikasie mag gekopieer of op enige manier gereproduseer word sonde die skriftelike verlof van die uitgewers nie, is ook op die skrywer van toepassing. As ek e-poskopieë aanstuur, sny ek nie net my eie keel af nie, maar ook dié van die uitgewer wat duisende en duisende rand daarin belê om my gedigte in die eerste plek gepubliseer te kry sodat kinders dit kan lees en dit beskikbaar is vir gebruik by plekke soos kunswedstryde. Die enigste manier hoe ek (en ander skrywers) kan voortgaan om Afrikaanse kinderverse en kinderboeke te skryf, is as mense die boeke koop.

Om dit makliker te maak, hiermee die lys van gedige wat in my drie bekendste bundels verskyn. Al drie boeke is beskikbaar by boekwinkels of direk van LAPA Uitgewers, tel. (012) 401 0700 of www.lapa.co.za. Indien jy die boek baie dringend benodig, kan jy met LAPA probeer reël dat hulle dit (teen ekstra koste) vir jou spoedpos stuur. Ek maak telkens ’n asterisk (*) by die titels van die rympies wat ek weet gewild is by eisteddfods, of wat na my mening lekker daarvoor kan werk.

 

Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies

My boetie is ’n alien*

Skottelgoed is gevaarlik*

Woordeboek

My rekenaar is olik

Meerkat*

Vraagteken*

Vollemaandag*

Die Goeie Vee*

Hompie Kedompie

Mary het ’n lammetjie

Slaap, kindjie, slaap

Haaie

Hoe smaak die see?*

Die aarde is rond soos ’n piesang

Tekkies

Drake hou van suigstokkies

Spoke gril vreeslik

Was agter jou ore

Trol

Is jy die mooiste monster?*

Wurms met tamatiesous*

Die Kruiper

Rilrestaurant*

Spooktrein*

Nagmerrie

Die Niks*

Moenie jou medisyne drink nie*

Breuke kan nie breek nie*

Mielies het nie maniere nie

Eier vir ontbyt

’n Ongeluk

Mossies voel vere

Frederik de Waardt

Wegloopneus*

Klikbek

Klara Klakous

Kry vir jou ’n dinosourus*

Buffel in die bad*

Selfoon*

Koop vir my ’n motorfiets*

Erdvark

Vlakvark

’n Vark in die toilet

Soen

TV-slaaf

Hoendertande*

’n Fluks slang

Tongknopers

Slange

Brommerpraatjies

Lief

 

’n Brulpadda in my tas

’n Walvis in my sop

Varkies

Narre*

Ek skaam my morsdood*

Vreemde vrae

My ma se varsgebakte brood

Kinderspeletjies*

Stootskraper

Te laat*

As die monsters partytjie hou ...*

Hoe om jou eie monster te maak*

DracuDent*

Volmaan-sjampoe*

Speelgoedtande*

Professor Polter se Skool vir Suksesvolle Spoke*

Portret van die meisie sonder naam

Jan

Pampoenspook*

Die monstertoilet*

Koerantopskrifte oor die Koms van die Blop uit die Buitenste Ruim

Die huis in Katjiepieringstraat*

Donkerlied*

As die see net nie so sout was nie ...

’n Brulpadda in my tas*

Moenie ’n padda soen nie*

SprokieGenoot

         Haar probleem ’n haarprobleem

         Kortsigtig

         Eksklusief! Is appels dalk sleg vir jou gesondheid?

         Spesiale aanbod!

         Sulke varke!

         Gesoek: Geoulokkies

Prinsesse gee my sooibrand*

Vallenteinskaarkie

Superheld*

Beste vriende

Wêreldreis*

’n Slegte idee

10 dinge om te doen as jy baie verveeld is ...*

Ongeskik

Twee rympies

 

My boetie dink hy’s Batman

Luislang, o, luislang*

My hond is mal oor boeke*

As goudvisse kon praat

’n Gevaarlike tuin

Pizza-liefde

Kliek!*

Woedebuie*

Die ergste marteling*

My boetie dink hy’s Batman*

My nuwe babasussie

Bankroof

Moenie die melk vergeet nie*

Lelike woorde

’n Riet word ’n fluit

Dôra, dôra

Party rympies

Die einde van ’n lastige vlieg

Vraag en antwoord*

Sal daar nog ysbere wees?*

Gister was ons klas by die akwarium en dis wat ek gesien het:

Gister was ons klas by die akwarium en dis wat die haai gesien het:

Die seerowerskool se klasrooster*

Windlawaai

My soort sport*

Dei boom derde van links*

Sowaar*

Nuwe skoolreëls*

Die langste halfuur op aarde*

Die kinders van vandag ...*

Die mensvreter-restaurant se spyskaart

Tarzan: Die einde*

Te koop*

ZombieMart*

Modderman*

Oppas vir daai plant*

Monster-asem*

Kulkunsie*

 

36 comments:

  1. Ek het net gou 'n vraag

    My kind is in Graad 2 (dus 8 jaar oud)

    Ek het jou gedig "As die see net nie koud was" gelees en gedink dit is moontlik gepas vir haar vir Eisteddfod - Vraag is egter : Jy merk dit nie as 'n gedig wat jy dink "werk" vir Eisteddfod nie - Waarom? Dink jy dit is te eenvoudig of hoe? Sy het nog elke jaar goed gedoen met EIsteddfod maar ek sukkel hierdie jaar met die keuse vir 'n gedig - Sy het eers Skilpad gedoen en toe Worsie - En hierdie jaar.... jong, mamma is heeltemal dom hierdie jaar en sukkel vreeslik

    ReplyDelete
  2. Hallo, Debbie

    'Skuus, ek het jou kommentaar vroeër misgelees. Ek dink die gedig kan werk vir 'n eisteddfod. Die gedigte wat ek gemerk het, is bloot dié wat ek weet gewild is by eisteddfods, of wat ek self op laerskool sou kies om voor te dra. My ervaring is dat die meer humoristiese gediggies gewoonlik die gewildste is. :-)

    Ek hoop jy kom reg!

    Jaco

    ReplyDelete
  3. Hallo ek is nou graad 9 en ons moet nou self gedigte kies en ek sukkel baie enige idees? :)

    ReplyDelete
  4. Hi Jaco, ek soek ook baie graag idees vir gedigte en prose's vir gr 9 en 10 dogters? Asb sal waardeer!

    ReplyDelete
  5. Hi Jaco, is op soek na n gedig vir my graad een dogtertjie vir n kunswedstryd.

    ReplyDelete
  6. Dankie, Jaco. Ek stem saam dat ons Afrikaanse digters en skrywers moet ondersteun. Ek is het ook nou 'n gedig nodig en gaan verseker een van jou boeke aanskaf.

    ReplyDelete
  7. Hallo, Jaco

    Hier by Applewood Preparatory School in Grabouw, het ons Afrikaans Huistaal op die kaart gesit deur 'n liefde vir jou werk te kweek - hierdie Engelse bokkies en laaities verslint jou boeke! Ons wil graag vanjaar ook ' n spreekkoor byvoeg - enige idees vir 'n stuk werk wat ons kan gebruik vir Gr 7? Groete, Anneline Steyn

    ReplyDelete
  8. Wat sal die beste werk vir n graad R-gedig?

    ReplyDelete
  9. Hallo Ek soek 'n gedig vir grad 7 (humoristies) maar sukkel vir 'n gepaste een in die graad?
    Dankie
    Erna

    ReplyDelete
  10. Hi daar Jaco: Ek het reeds al 3 jou gedigte boeke gekoop, maar ek is nou opsoek na tiener gedigte, nie te ernstig nie, ek hat altyd van jou komiese lighartige gedigte gehou veral vir kinders. Maar vir Gr8 is dit nie meer gepas nie. Kan jy my verwys na 'n naam van 'n boek of digter asb...

    ReplyDelete
  11. Hi Jaco. my dogter is opsoek na jou Die babafoto gedig. Sal jy asseblief vir my sê waar ek hom sal kry. Baie dankie.

    ReplyDelete
  12. Hi Jaco, jy is Amazing! Al 2 my kinders is mal oor jou boeke en gedigte. Dink ons het al jou boeke. My kinders is gr 4 en 6. Watter gedigbundel moet ons koop om gepaste gedigte vd Eistedfodd te kry. My seun doen ook die jaar n monoloog - kom gee my n soentjie! Jy is dus die held in ons huis.

    ReplyDelete
  13. Hi Jaco... wil graag by jou hoor, is jy die skrywer van die gedig: Boem Bam Swiesj kadoef, kyk net waar trek daai boef...

    ReplyDelete
  14. Hi Jaco... wil graag by jou hoor, is jy die skrywer van die gedig: Boem Bam Swiesj kadoef, kyk net waar trek daai boef...

    ReplyDelete
  15. Hi Jaco, ek soek die woorde vir Is jy die mooiste monster. Waar kan ek dit kry??

    ReplyDelete
  16. Hi Jaco, ek soek die woorde vir Is jy die mooiste monster. Waar kan ek dit kry??

    ReplyDelete
  17. Hi Jaco, ek het 2 van jou boeke gekoop juis vir die doel vir my dogter se Eisteddfod. Dis awesome! Ek wil net hoor, wanneer ons op 'n gedig besluit, kan jy dak vir my indikasie gee oor waar sy moet beklemtoon en wag ensv?

    ReplyDelete
  18. Hi Jaco. Het jy moontlik die woorde vir "Dr Apie krap sy kop. .."

    ReplyDelete
  19. Hallo Jaco
    Is dit moontlik dat jy die woorde vir Moenie die Melk vergeet nie met ons kan deel?
    Kirstin, kvtpieterse@telkomsa.net

    ReplyDelete
  20. Kan iemand my groot asb help met n engels gedramatiseerde gedig, n engelse prosa gedig en n samespraak met humor vir graad 5 dogter groot asb? Of waar ek dalk dit in di hande kan kry?

    ReplyDelete
  21. Hallo Jaco
    Watter van jou boeke kan ek koop wat gedigte in het vir graad 2 om voor te dra? En het jy enige gedigte oor miere/goud/druppels?
    Groete
    Lizelle

    ReplyDelete
  22. Hallo Julle. Ek sal ook graag voorstelle vir Graad 9 gedigte wil hê asseblief? Groete Tessa

    ReplyDelete
  23. Hi Jaco Jacobs, my dogter is 7 jaar oud en wil graag jou gedig : Eistedfod- stres doen by die jaar se eistedfod. Ek is net nie seker of dit 'n goeie idee is nie, maar sy dink dit is baie prettig. Enige raad?

    ReplyDelete
  24. In watter boek is Zander Steyn asb

    ReplyDelete
  25. Goeie dag Jaco Jacobs. Ek wil graag jou hulp vra. My seun in graad 7 neem deel aan die jaar se Eistedford voordrag en gedramatiseerde voordrag. Hy is baie goed met stemtone maak en rolspel. Kan jy ons asb help met 2 gepaste gedigte groot asb? Ek het gedink aan die gedig facebook foto vir gedramatiseerde voordrag, maar nie seker of die gedig gepas genoeg gaan wees vir graad 7 leerder nie.
    Vriendelike groete
    Wila

    ReplyDelete
  26. Hallo Jaco. Kan jy dalk jou gedig Groot meneer vir my epos? My kind het dit opgevoer in Graad 1 en ons kry dit nie nou nie. Groete Freddie fredvanniewen@gmail.com

    ReplyDelete
  27. Hi Jaco,
    Hoop dit gaan goed. Ek is opsoek na n gedig vir gr 6 spreekkoor. Ons het eie keuse gekies maar ek opsoek na n lekker lag met goeie humor. Kan jy asb my help en dalk vir my epos wat jy voorstel. My epos is jess.eagleton@gmail.com
    Ek het nogals dringend jou hulp nodig want ek is al raadop.
    Lekker dag en hoop om gou van jou te hoor.
    Groete

    ReplyDelete
  28. Hallo Jaco

    My kinders geniet ongelooflik baie jou boeke, en my seun het al verskeie eistedfodds gewen, waar Tarzan die Einde beslis 'n treffer was die jaar! Het jy enige dialoë en monoloë dalk? Ons is in 'n baie klein skool en ons ouers moet maar self die goed soek en hulle tou wysmaak. Ek hoor graag van jou.

    ReplyDelete
  29. Hallo Jaco, waar kry ek jou gedig "Tarzan se skool" in die hande? Wat is bundel se naam? Kan mens dit aanlyn bestel? Baie dankie.

    ReplyDelete
  30. Hi Jaco, mag ek asb die woorde kry vir jou gedig 'Monster Masker'?
    Rinavisage2@gmail.com
    Dankie baie
    Groete
    Rina

    ReplyDelete
  31. Ek is opsoek na gedigte en gedramatiseerde gedigte vir graad 7 seun.Maar hy soek iets met lekke humor in.Kan jy dalk help asb?

    ReplyDelete
  32. Goeie dag Jaco. Ek is opsoek na die gedig: Moenie jou medisyne drink nie.

    Ek het 'n rooikop meisie en sy het die gedig al een jaar voorgedra. Sy wil graag die gedig vir 'n klasopdrag gebruik indien moontlik. baie dankie.

    ReplyDelete
  33. Goeie dag Jaco, ek kort voorgeskrewe gedigte vir Gr 4 - Tema is boeke, het jy enige van jou bundels wat mens sal kan help. ek wil nie een van die boeke kry en dan is daar nie iets geskik vir die tema nie.

    ReplyDelete
  34. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  35. Watter van die 3 bundels bevat eisteddfod-gedigte vir 13-jariges?

    ReplyDelete
  36. Hello Jaco, ai waar is ons dae op Calvinia? Ek het 'n klein probleempie...ek is besig met beoordeling en ek is seker jy het die gedig Eisteddfodtyd (of so iets ek is nou nie seker van die titel nie) geskryf...jy weet die een waar die beoordelaars almal pienk swemklere aanhet. Ek het nou 'n kind gehoor wat die gedig voordra, maar 'n heel ander skrywer se naam daarby. Ek wil die onderwyser nou teregwys daaroor, maar wil net eers doodseker maak. Ek luister na soveel gedigte, jy sal my verskoon as ek nie nou weet nie. Baie dankie en grote. tilla diedericks.

    ReplyDelete